Twitter profile of PPS Facebook profile of PPS Website of PPS
 
PPS
Lelethu Ntlola
021 439 8008 / 078 707 8157
lelethu.ntlola@epicmslgroup.com
 

SA SE ENIGSTE RESIES VIR TWEE-LID SPANNE, GEBORG DEUR PPS

 
PPS Panorama Toer 2016

PPS Panorama Toer 2016

Hi,

PPS is trots om die versekeraar se hoofborgskap van die Panorama-toer aan te kondig. Die Toer is die enigste vierdaagse renfietsroete vir twee-lid spanne in Suid Afrika. Hierdie is die tweede opeenvolgende jaar dat PPS dié eksklusiewe resies borg. Die Panorama-toer vier in 2017 sy 13de bestaansjaar.


Dis ’n PPS kernfokus om sy lede aan te moedig om vir ’n aktiewe, gesonde lewenstyl te streef, sê Ayanda Seboni, Uitvoerende Beampte: PPS Handelsmerke, Bemarking & Kommunikasie. “Deur hierdie unieke renfietsgebeurtenis te ondersteun, versterk ons PPS se toewyding tot die versekering en beskerming van ons lede se gesondheid en welstand – fisies en finansieël.”

 

SA SE ENIGSTE RESIES VIR TWEE-LID SPANNE, GEBORG DEUR PPS

21 November 2017: PPS is trots om die versekeraar se hoofborgskap van die Panorama-toer aan te kondig. Die Toer is die enigste vierdaagse renfietsroete vir twee-lid spanne in Suid Afrika. Hierdie is die tweede opeenvolgende jaar dat PPS dié eksklusiewe resies borg. Die Panorama-toer vier in 2017 sy 13de bestaansjaar.


Dis ’n PPS kernfokus om sy lede aan te moedig om vir ’n aktiewe, gesonde lewenstyl te streef, sê Ayanda Seboni, Uitvoerende Beampte: PPS Handelsmerke, Bemarking & Kommunikasie. “Deur hierdie unieke renfietsgebeurtenis te ondersteun, versterk ons PPS se toewyding tot die versekering en beskerming van ons lede se gesondheid en welstand – fisies en finansieël.”

PPS handhaaf ’n beleid van onderlingheid. Dit beteken PPS bestaan uitsluitlik tot die voordeel van ons lede, en ken alle winste op ’n jaarlikste basis toe aan lede met kwalifiserende produkte deur middel van hulle PPS-Winsdelingrekening , sê Seboni.

Die Panorama-toer weerspieël die onderlinge konsep juis omdat resiesdeelnemers in spanne van twee ry, sê sy. “Die Toer is die enigste renfietsresies in die land wat meeding in spanverwant. Net só beskou ons by PPS nie ons rol as bloot ’n finansiële diensteverskaffer nie – eerder as ’n ekosisteem van individue wat ’n vennootskap met ons lede vorm om gestalte aan hulle finansiële drome te gee.”


Resiesdirekteur Fiona Coward voeg by: “Ons 2017 vennootskap met PPS was die beste ding wat met die resies kon gebeur het. PPS se beleid stem volkome ooreen met die Toer se hart en siel. Dit is taai, dit is ongenaakbaar, net soos die lewe kan wees, maar mens ervaar ’n buitenwone gevoel van beloning wanneer mens die eindstreep haal. Jy kan nie alleen klaarmaak nie, elke ryer het ’n vennoot nodig. Danksy PPS, het die Toer een. Ons is werklik trots om met so ’n gesogte borg geassosieer te word. Ons sien uit na die volgende hoofstuk in hierdie formidabele vennootskap.”


Die PPS Panorama-toer vind plaas vanaf 28 April tot 1 Mei 2018 vanuit Casterbridge, Witrivier, Mpumalanga. Inskrywings maak 20 November 2017 oop. Die jaarlikse vierdaagse renfietsroete dek ’n totaal van 350 km. Die roete sluit die ikoniese bergpasse van Long Tom en Spitzkop in, en meer as 7 000 m van tawwe opdraandes. Die resies begin en eindig elke dag in Casterbridge, White River. Vir meer inligting, besoek www.panoramatour.co.za.

Volg ons nuusbrokkies op Facebook of Twitter, en gebruik die hutsmerk #PPSPowerofTwo

Eindig





 

Related Photos


 
 

Related Videos


 

Share this Article


 
   
 

Additional information:

PPS boasts in excess of 300,000 members who enjoy access to a comprehensive suite of financial and healthcare products that are specifically tailored to meet the needs of graduate professionals.

PPS is the largest South African company of its kind that still embraces an ethos of mutuality, which means that it exists solely for the benefit of its members. Thus, PPS members with qualifying products share in the profits of PPS Insurance via annual allocations to the unique PPS Profit-Share Account and those who have qualifying PPS Provider products can also share in the profits of PPS Investments.

PPS membership provides access to the following tried, tested and trusted products and services: PPS Insurance, PPS Short-Term Insurance, PPS Financial Planning, PPS Investments and Profmed Medical Scheme. Visit www.pps.co.za for more information.

PPS is an authorised financial services provider.

Clients